Voortrekkers glo daar is ’n doel met hulle lewe. God het ons hier geplaas om Hom te eer en diens te lewer aan volk, land en medemens. In Die Voortrekkers wentel alles om hierdie roeping. Lees verder…
Positiewe Waardes
Die Voortrekkers is ’n omgewing waar positiewe waardes wat vloei uit konsekwente Christenskap, moderne Afrikanerskap en positiewe Burgerskap, deurweef is in die Grondslag, Doelstellings, Kode en leerplanne. Lees verder…
Sosiale Vaardighede
In Die Voortrekkers leer kinders empatie, simpatie en vriendskapsvaardighede aan deur ervarings saam met sy of haar span. Die kinders leer mekaar ken onder alle omstandighede, wat lei tot lang vriendskappe. Soos die kinders ouer word gaan hulle ook op kampe waar kinders van regoor die land teenwoordig is en maak hulle ook langafstand vriendskappe. Lees verder…
Verbintenis om te Leer
Die onderwerpe wat in die leerplanne van Die Voortrekkers aangespreek word is wyd uiteenlopend om voorsiening te maak vir verskillende belangstellings en om elke kind se belangstelling in ’n wye reeks velde te prikkel. Lees verder…
Waarde-Gebaseerde Keuses
Keuses bepaal die rigting wat jou lewe verloop. Hoe ouer kinders word, hoe makliker kan hulle in ’n oomblik ’n keuse maak wat die koers wat hul lewe inslaan verander. Lees verder…
Dienende Leierskap
’n Lewe tot eer van God, in diens van volk, land en medemens is deel van die belofte wat elke Voortrekker aflê. Lees verder…
Wen-Wen Spanwerk
’n Wen-wen mentaliteit vereis nie-kompeterende gedrag. Dit is die mentaliteit wat in die samelewing in die meeste plekke benodig word. Die samelewing verwag van ons om met mense saam te werk wat min eienskappe of talente met ons deel. Lees verder…
Pret
Pret is die belangrikste kenmerk van Voortrekkeraktiwiteite vir die kinders. Ons is veronderstel om die lewe te geniet en in Die Voortrekkers geniet ons die lewe soos God wil hê ons dit moet geniet. Lees verder…
Bemagtiging
Die Voortrekkers bestaan vir die kinders. Dit bied ’n omgewing waar kinders gekoester en waardeer word. Lees verder…
Grense en Verwagtinge
Volwassenes in Die Voortrekkers het hoë verwagtinge van die kinders in hul spanne en hul gedrag.
Omdat die volwassene saam met die kind beweeg, is dit makliker om die kind se gedrag tussen sy maats te moniteer en kan die gedrag doelbewus beïnvloed word. Op hierdie wyse leer kinders aanvaarbare gedrag baie vinniger aan. Lees verder…